Archive for April, 2017
Nuus van ons sendelinge in Zambië
Paasfees in Zambia…Dit was die kruis, … dit was die opstanding !! En toe se Jesus ” Ek kom weer !!” “Ek stuur die Heilig Gees om by julle te wees.” Wat ‘n diep troos en wonderlike vooruitsig vir elkeen wat in Hom glo !!
Vriende n week voor paasfees het Dries by die oopgraf van Kyle gestaan. Hy is na Suid Afrika waar hy die diens en die begrafnis waargeneem het van een van sy beste vriende se 12jarige seun Kyle. Kyle is deur n motor getref tydens n fiets rit saam met sy pa. Die bestuurder het beheer verloor en is self opslag oorlede. Kyle het n week in ICU deurgebring maar is na Jesus n week voor Goeie vrydag…
Die lewe… Ek is Weg, die Waarheid en die Lewe sê Jesus. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie… Ons aan hierdie kant het nog die geleentheid om reg te maak met ons naaste, om jammer te se, om vergifnis te ontvang, om ons lewe te keer na Jesus en Sy onwrikbare dissipels te wees. Ons het nog die kans om te lewe, voluit te lewe, to eer van God. Wil jy …?
Ons van Jaarsveldt gesin se lewe in Zambia is voorwaar geseënd. Ons gaan deur seisoene van regtig groot genade. Siekte, moeilike omstandighede in die skool, ontsettend hard werk, om ongemaklike tye beskikbaar te wees om te dien en uit te reik is deel van ons asem haal en dis nie aldag maklik nie, ons moes die proses van permitte weer deurgaan en daarin was God se hand ook sigbaar.. MAAR… Geseënde huwelik, pragtige kinders wat hard werk op skool, dien op leierskap by die plaaslike gemeente, vroue retreat wat aangebied word, mense wat tot inkeer kom en gedoop word, intense opleiding en dissipelskap supervisie wat dag tot dag gegee word, uitstuur van sendelinge, dowe en gestremde kinder bediening, gemeenskapskole,anti- Human Trafficking programme….waar kry julle die krag vir dit en nog meer, vra julle….?? Ons kan net antwoord…. Sy genade is groot en genoeg!!
Intussen is Dries ook by die 40 merk verby en is ons dankbaar vir die vooruitsig om voluit te lewe elke dag, dag vir dag. Ilse is nou 42 en n paar grys hare by haar skoonheid is mos wat in Afrika deurgaan as “highlights”. Jana word 30 Augustus 11jaar en Cordre seun word 30 Oktober 8 !! Lief vir Jesus met hulle hele hart, vol self vertroue en lekker gesonde energie. Dankie vir verjaarsdag boodskappies, n geldjie om onsself te bederf en daai onverwagse oproepe. Al te saam nou 17 jaar in voltydse sending…
Die omvang van die Impact Multiplied bediening binne Operasie Mobilisasie en soortgelyke sending organisasies is regtig te groot vir twee of drie mense. Daar is ons die Here ewig dankbaar vir hulle wat gehoorsaam gereageer het op Sy roepstem. Andy vanuit VSA, Jerremy vanuit Kanada, Mark uit Zambia, Martin uit Zambia en Andrew uit Duitsland . Die span het meer as verdubbel !! Ek weet daar is van julle wat spesifiek vir Impact Multiplied bid en daarvoor se ons ook dankie.
Die 21 eenhede wat die afgelope drie jaar gebou is word tans verhuur en die huur inkomstes wat geoormerk is vir die onderskeie Zambiese bedieninge geniet tans hulle opbrengs vanuit die verhuring. Prys die Here daarvoor, ek se weer PRYS DIE HERE !! Wonderlik heerlik om soveel fisiese vrug op jou harde hande arbeid te sien. Boonop is die huurders diep geraak as hulle besef dat hulle huurgeld ( +-R50000/maand ) direk na een of ander bediening gaan. Hoe sê hulle twee vlieë met een klap. Dankie Jesus vir Godelike wysheid in hierdie Koningkrys besigheid. Wil jy dalk n langtermyn verskil maak deur n wooneenheid gedeeltelik of ten volle te borg ? www.impactmultipied.com . Nog 7 spasies oop op die IM erf….
Ons beoog om as gesin hierdie komende Desember vir die eerste keer in n lang tyd SA te besoek. Ons wil kersfees by ons ouers deurbring maar dan dalk n gemeente of twee ook besoek. Ander tye in die jaar is dit regtig baie moeilik. Ons besef oor desember is dit moeilik maar al sit ons ernstig en saampraat/dink/beplan aan die pad vorentoe is dit ook goed. Altyd lekker om die gemeente ook te kan betrek en in die persoon te kom groet…Ons tyd is so kosbaar soos julle almal se tyd ook is en vlugte SA toe en terug is pepper duur( gesin van vier retour +- R35000…eish ). Bid asb ernstig daaroor of julle sou wou he dat ons n draai by julle moet maak. Om eerlik te wees voel ons soms biedie “uit die oog uit die hart” en ons weet dat dit opsigself seker die jaloerse een se strategie is om ons te vervreem van mekaar. Ons glo egter in die teendeel en dit is dat God alomteenwoordig is. Sy gees lei ons en getuig namens ons. Ons glo in die liggaam van Christus en Hom as die hoof daarvan.
Ons wil so n besoek sorgvuldig beplan dat ons effektief is. Ook hou ons ons kinders se skool program in gedagte. Dan wil ons ook nog spaar en begroot vir so n besoek . Laat weet wat julle aan dink en dankie dat julle dit probeer verstaan.
In Botswana was uitreike n baie groter moontlikheid. Hier in Zambia lyk die prentie heelwat anders. Nog nie een gemeente kon hulle weg oop sien om hierheen uit te reik nie. Hier was al n individu of drie wat kom aandoen het en glo my dit was n hemelse lekkerte om saam te kon kuier, bid, nagmaal gebruik en biedjie rond te wys. Ons mis julle almal. Ons mis ons land en ons kusstrook. Ons vrugte en lekker gebak. Ons weet ons strek ons uit na wat voor is en hardloop die wedloop asof ons wil wen. Met ons oë gevestig op Hom die begin en voleinder van ons geloof het ons die wenstreep in gedagte. En met n skare getuies wat wag om die baan kan ons hoor hoe hulle ons “aanmoedig” …. Volhard, moenie uitsak nie, hardloop !!!
Dankie vir elke gebed. Vir elke gedagte sommer so in die verbygaan van die dag. Dankie vir n whatsapp hier en daar. Dankie vir elke rand wat in ons rekening betaal word. Dankie vir julle deelname in die wedloop. Bly asb bid en ondersteun. Ons hoop om eendag nie meer n “las” vir ons stuurgemeentes en vriende en familie te wees nie, en ons weet julle beskou ons nie as n “las” nie maar ons werk bitter hard aan die volhoubaarheid van die Afrika Sending waarop Jesus Sy dissipels stuur. Projekte is awesome, bedieinginge is great maar vir baie lank het ons as gestuurde kerk van Christus nie die kosteberekening reg gedoen nie. Nou het Sy genade ons kans gegee om iets daaraan te doen – julle is deel daarvan en binne die Impact Multiplied model glo ons word iets van die volhoubaarheid van sending n realiteit !! Baie baie dankie. As dit Sy wil is sou ons graag wou sien dat ons ook meer volhoubaar in Sy Koningkryk kon bedien.
Kan ons vra dat julle saam met ons sal bid:
– dankie Jesus vir soveel genade kanse
– dankie vir liefde en guns
– dankie vir ons gesin
– dankie vir gesonde leergierige kinders
– dankie vir U liggaam en hulle ondersteuning
– dankie vir OM en IM en Boccs en UB Hotel
– voor U bring ons dit wat U aan ons toevertrou
– ons vertrouu U Here vir ons behoeftes en skoolfonds
– voor U lê ons die organsisasies en hulle oeste neer
– elke bou poging en inkomste genereerende projek
– elke ondersteuner en sy/haar/hulle behoeftes
– die talle siele waarmee ons elke dag werk
– mag U liefde tasbaar vloei vanaf U kinders na ander
– ons eer U Here, U is ons alles…..
Ons groet julle in die naam bo elke naam. Wees geseëndes wat ander seën. Leef voluit. Bid tot God wat elkeen van Sy kinders hoor. Hou julle oë op Jesus !!
Liefde seen en groete uit Zambia,
Dries Ilse Jana en Cordre