Erediensbesprekings (Covid-19)

Op 26 Februarie om 21:30 is die beskikbare sitplekke vir Sondag 28 Februarie as volg:

09:00 diens - 25/50 plekke
10:30 diens - 42/50 plekke
18:00 diens - 42/50 plekke

1. Volgens die Covid-beperkings (1 Februarie 2021), kan ons Eredienste en Begrafnisse/Troosdienste hanteer, met maksimum 50 persone per diens.
2. Almal MOET asseblief bespreek.
3. Elke persoon wat die diens bywoon moet afsonderlik registreer omdat elkeen se volle name, ID nommer en kontakdetail aangeteken moet word, en elkeen op die vrae moet antwoord.
4. Wanneer u inskryf sal u so gou moontlik daarna ‘n e-pos terug ontvang om u bespreking te bevestig.
5. Besprekings vir eredienste op Sondae sluit die vorige Saterdag om 17:00.

6. Indien u nie bespreek het nie en daar is plek beskikbaar, moet u by die deur ‘n registrasievorm invul.

Persone wat die erediens bywoon se koors sal gemeet word, moet maskers dra, moet sosiale afstand eerbiedig en moet handreiniger gebruik wanneer hulle die gebou ingaan en verlaat.
Omdat ons vir mekaar omgee, bly u veiligheid steeds ons hoogste prioriteit.

Print Friendly, PDF & Email

Comments Closed

Kliek hier
Hallo, ek is Andre. Kan ek jou help? Stuur 'n boodskap via WhatsApp.