Bespreek asb. vir alle eredienste en kyk na erediensaanpassings

Lidmate, kyk asb. na die aanpassings met betrekking tot erediensreëlings wat ons noodgedwonge moes maak. Daar is twee Kersdienste wat albei slegs 100 mense kan akkommodeer. Bespreek nou reeds plek asb. Die Oujaarsdiens skuif ook na 18:00 a.g.v. die aandklokreël.

Eredienste in die vakansietyd:

As gevolg van die beperking van slegs 100 persone per erediens, is dit noodsaaklik dat almal asb. moet bespreek vir alle eredienste by https://ngkathu.co.za/bespreking-jou-sitplek/

Sondag 20 Desember 2020:   Oggenddiens 09:00 en Aanddiens 18:00

Vrydag 25 Desember 2020:   Kersdiens 08:00 en Kersdiens 2 om 10:00

Sondag 27 Desember 2020:   Oggenddiens 09:00 en GEEN AANDDIENS

Donderdag 31 Desember 2020:   Oujaarsdiens 18:00

Sondag 3 Januarie 2021:   Oggenddiens 09:00 en GEEN AANDDIENS

Sondag 10 Januarie 2021:   Oggenddiens 09:00 en Aanddiens 18:00

Saam op reis met ‘n Jesus-hart

Kathu is ‘n dinamiese gemeenskap waar mense dikwels net ‘n deel van hulle lewe hier kom deurbring. Histories is dit bevestig dat daar ‘n deel van die gemeenskap is wat baie lang tydperke hier deurbring, maar dan is daar diegene vir wie dit net ‘n plek van deurgang is, ’n plek waar jy jouself opskerp in jou beroep om gereed te wees vir selfs groter geleenthede op ander plekke.
Al hierdie mense is op ‘n lewensreis, saam met ander op pad, soekend na sin in die lewe en maniere om uitdrukking te gee aan die roeping wat hulle meen hulle van God ontvang het.
Die metafoor wat ons gemeente beskryf is die van mense wat op ‘n staproete (pelgrimstog) is.
• Daar is persone wat lankal op die reis is. Hulle het meer ervaring en kan goeie ondersteuning bied aan ander wat nuut aangesluit het.
• Daar is ook mense wat onlangs aangesluit het, en net ‘n deel van die roete stap. Elkeen is welkom, omdat dit nie die lengte van jou staptog is wat tel nie, maar die kwaliteit van die innerlike soektog na groter betekenis.
• Elke reisiger is uniek en het sy/haar eie “bagasie” wat saamgedra word.
• Op die reis ondersteun ons mekaar op verskillende wyses.
– Ons wys vir mekaar rigting aan.
– Ons gee vir mekaar raad.
– Ons motiveer en inspireer mekaar.
– Ons deel ons toerusting met mekaar.
• Bogenoemde is ‘n aanduiding van die manier waarop ons diensbaar is teenoor mekaar en omgee vir mekaar. Hoe meer dit gebeur, hoe meer word mense se laste ligter, word die essensie van die reis ontdek, word ons heelgemaak van lewenslaste en bekommernisse.
• Mens sou kon sê ons ondersteun mekaar met ‘n Jesus-hart. Dit beteken ons gee om soos Jesus omgee, ons dien mekaar soos Jesus ons gedien het. Hy roep ons op die naam en ken ons. Hy gee sin aan ons lewens en dring ons tot groter medemenslikheid.