Inligting

CoNnECT@TM

Die woord Connect kom oorspronklik van “connectere” dit mag dalk Grieks klink, maar dit is inderdaad Latyns. Die woord se oorsrpronklikke betekenis, maar selfs vandag nog verwys daarna om “iets saam te bind of om iets wat reeds verbind is nog stywer/ tighter en nouer verweef te maak sodat dit inderdaad ’n eenheid vorm wat onlosmaaklik van mekaar is. Ons kom dikwels in situasies waar ons besef  dat ons nie so verweeefd en in beheer van ons Emosies, Gesinne, Omgewing, Geloof…is soos ons graag wil wees nie. Die groot probleem is dat baie van ons kuier, gesels, voel, dink… Baie min CONNECT.  Daar is baie redes hiervoor en dit is inderdaad ’n stryd om weer  “in touch” daarmee te kom. Dit is ’n groot frustrasie en so dikwels maak die probleme dat ons lewens uit mekaar val.

Deur CoNnECT@TM wil ons ’n ruimte skep waar ons mekaar kan help met die “goël balle” wat die lewe so dikwels na ons kant toe gooi. Die gesprek gaan een maal (soos aangedui op die 2012 NG kerk almanak) per maand op ’n Sondagoggend na die erediens plaasvind. Die gesprekke gaan gefokus wees op ons omstandighede vandag en gaan praktyk gerig wees. Daar gaan ook geleentheid wees vir insette en vra. Ons wil u hartlik uitnooi om die geleenthede by te woon en op die manier ook meer CONNECTED te raak aan jouself, mekaar en ander.

Die krokodil

Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer. Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande. Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die krokodil.

‘n Krokodil sonder ‘n stert noem ons ‘n rotweiler. ‘n Krokodil se lyf is oortrek met handsak- materiaal. Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie want ‘n krokodil skrik vir niks. ‘n Krokodil bly onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly het.

Dit is goed dat ‘n krokodil in die water bly want ‘n mens skrik so groot as ‘n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou kan eet.

‘n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie, behalwe as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou krokodille suig hulle prooi dood. As jy hom eet, is hy ‘n krokosatie.
‘n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy stert.

Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan. Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies. Die mooi broer van die krokodil is die daffodil. En dan het die krokodil nog ‘n dooie boetie wat mens kan eet – die frikkidil.

Print Friendly, PDF & Email

Facebook


Leave a comment

Kliek hier
Hallo, ek is Andre. Kan ek jou help? Stuur 'n boodskap via WhatsApp.