[Ons is besig om die webtuiste op te dateer.]
Baie welkom by NG Gemeente Kathu. Ons is ‘n dinamiese gemeente tussen die kameeldoringbome en rooi sand. Hier kan jy die eenvoud van platteland met ‘n tikkie stadsgevoel ervaar. Ons gemeente is ‘n energieke mengsel van jonk en oud. Die jeug en jongmense is vir ons belangrik, maar die ervaring van ons ouer lidmate is vir ons net so kosbaar.
Dagse daar!
Ek het in die 80-erjare die C M R kantoor op Kathu begin! Ken die dorp en omgewing goed en het ‘n sagte plek vir die sand en kalahari. Ek was destyds orrelis in Kimberley Wes – en is tans nog lid van die Suid Afrikaanse Kerkorreliste vereniging.
Ek sal dit waardeer indien u asb vir my fotos van jul pyporrel kan stuur – die orrelpype, die speeltafel en ook naby fotos van die verskillende registers (klank skakelaars) Gewoonlik is dit in drie afdelings: Pedaal, Swel en Groot. Niks fensie nie – fotos met selfoon sal waardeer word.
Die fotos kan gestuur word na pelcher@bigpond.com or na my selfoonnommer +61 408 182 482
Vreedlik dankie!